Twietpolitiek #afrikaans

My grond is getransitoroof

Ek is moeg vir die galretoriek

Van donaldse trompiepolitiek

outokrate demokrate aan’t prate

Se pyne met rippiblikyne

Ramalema wil grond koop sonder geld

O my aarde, hier kom geweld

Want Eswin het van sy veld afgestap

Oor sy Naaste se sieklike grap

Die plakkers is die vieste

vir traanrook polieste

dis rubberkoëls en guava juice

die rookwolke mos ‘n mengelmoes

op die kerkplein longdrops opgeslaan

waarheen anders sal die mense gaan?

maar twitter twiet verniet vir piet

wat annerpad kyk en natuurskoon sien

liewer jou naaste met liefde dien

as moegraak vir antie Pat se spat

die hele ou helse boksendais

hulle is nou rêrig nie naais

stap ver, dink liewer wyd

vra kruieraad in tjailatyd

Antie Net het dalk bossieraad

Dat twieters kan mooigoed praat

mense weer die son sien skyn

en palestyne in vrede verdwyn

soos dinge nou reeds staan

kom die koerant met twee Eno’s aan

ek dink ek dink weer ‘n keer

laat Nataniël tog twieters maniere leer!

Dawie Kramer sal daarop hamer,

As Karen sing die Afrikaners is plesierig

ons luister pomporrelkonsert

en eet biltong en melktert

twiet liewer oor Herrie se troue,

of aan Tjelsie se veldblomskoue

sien die mooi ini lewe in raak

amners raak hiri Kapenaar vaak!

Advertisements

8 thoughts on “Twietpolitiek #afrikaans

  1. ‘n Oënskynlike ligte gedig wat glad nie so oënskynlik is nie. Bitter-soet

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.